1. Hoe ver voor die tyd moet ek Kliek & Konsep bespreek?
Vir klein funksies en fotosessies stel ons 2–4 weke voor. Vir groot geleenthede soos troues of gala-aande, is dit raadsaam om ons 3–6 maande voor die tyd te kontak om seker te maak jou datum is beskikbaar.
2. Is ‘n deposito nodig om my datum te bespreek?
Ja, ‘n nie-terugbetaalbare deposito van 50% word vereis om jou datum op ons kalender te verseker. Die balans is betaalbaar 7 dae voor die geleentheid plaasvind.
3. Wat gebeur as dit reën tydens ‘n buitelug-geleentheid?
As deel van ons Konsepontwikkeling, stel ons altyd ‘n “Plan B” voor. Ons help jou om ‘n alternatiewe binnenshuise opsie of tente te reël sodat die dag (en die foto’s) steeds perfek verloop.
4. Hoe lank nadat die “kliek” gebeur het, kry ek my foto’s?
- Fotosessies: Binne 7 werksdae.
- Groot Funksies/Troues: Binne 3–4 weke (ons stuur gewoonlik ‘n paar “sneak peeks” binne die eerste 48 uur!).
5. Werk julle slegs in Bloemfontein?
Glad nie! Ons is lief vir reis. Let net daarop dat pryse slegs vir Bloemfontein geld. Vir plekke buite die stadsgrense sal ons ‘n pasgemaakte kwotasie vir reis- en verblyfkoste byvoeg.
6. Kan ek net die “Kliek” of net die “Konsep” diens kies?
Absoluut. Hoewel ons glo die kombinasie bied die beste waarde en styl-samehorigheid, is jy welkom om die dienste afsonderlik te bespreek volgens jou behoefte.


